top of page

Die Seisoen Draai en Fosfaat Kom Eerste

  • Writer: Dries Reynecke
    Dries Reynecke
  • Oct 31, 2025
  • 3 min read

Updated: Jun 30



Hoewel die winter amptelik verby is, het baie weiding nog nie voldoende herstel nie – en dis hier waar Westbury Supplement Feeds se someraanvullings ‘n belangrike rol speel.

Hoewel diere in die somer op natuurlike weidings wei, bevredig selfs groen gras nie altyd alle voedingstofbehoeftes nie – veral nie wat minerale betref.


Fosfaat is een van die mees kritieke voedingstowwe tydens die somermaande, en 'n tekort daaraan kan verreikende gevolge hê vir diere se gesondheid, groei, reproduksievermoë en lewensduur. Daarom bied Westbury nie net P6 en P8 fosfaatleke van topgehalte nie, maar ook  ons Herkouer blok reeks vir herkouers, skape en beeste, asook kruipvoer vir jong kalwers wat nog sukkel met die oorgang van winter na somer.


Waarom Fosfaat So Belangrik is in die Somer

Fosfaat speel ’n sentrale rol in verskeie metaboliese prosesse in die liggaam van herkouers – van energie-oordrag tot beengroei en voortplanting. In die somermaande, wanneer gras vinnig groei, maar dikwels 'n lae fosfaatinhoud het, loop beeste en skape 'n verhoogde risiko vir tekorte. Simptome van 'n fosfaattekort sluit in swak groei, swak melkproduksie, laer speenmassas en selfs seisoenale onvrugbaarheid.

Hierdie probleme kan egter maklik voorkom word met die regte fosfaataanvulling – en dit is waar Westbury Supplement Feeds se P6 en P8 lekke, asook ons fosfaatblokke, 'n koste-effektiewe oplossing bied.


WESTBURY P6 – Vir Groenweidings en Optimale Gesondheid

Die Westbury P6 blok is 'n hoëgehalte, volledig gemengde fosfaatlek vir beeste en skape wat tydens die groen maande gevoer word om minerale- en spoorminerale behoeftes te bevredig. Die formulering is gebaseer op die nuutste navorsing en voorsien in alle ontbrekende voedingstofbehoeftes wat op natuurlike weidings ontstaan.


Wat maak P6 uniek?

· Bevat 'n korrekte balans van makrominerale soos fosfaat, en mikrominerale soos sink, koper, mangaan en selenium vir u area geformuleer.

· Verbeter produksie en reproduksie deur optimale minerale beskikbaarheid.

· Ondersteun goeie beengroei en melkproduksie in lakterende diere.

· Ideaal vir beide bees- en skaapproduksie, ongeag jou streek.

Diere wat P6 ontvang, toon nie net verbeterde liggaamstoestand nie, maar presteer ook beter in terme van vrugbaarheid, wat dit 'n belangrike belegging maak vir enige produsent wat langtermyn-sukses nastreef.


WESTBURY P8 – Die Kragtige Alternatief

Soos P6, is die P8 ook 'n hoë kwaliteit fosfaatlek, maar met ’n effens hoër fosfaatinhoud – ideaal vir gebiede waar gras uiters laag is in fosfaat of waar diere reeds tekorte toon.


Waarom P8 oorweeg?

· Spesiaal geformuleer om intensiewe fosfaataanvulling te bied.

· Voorsien 'n volledige spektrum van minerale en spoorminerale.

· Bevorder vinnige herstel van fosfaatvlakke in beeste en skape.

· Ideaal vir gebruik in gebiede met ’n bekende hoë insidensie van fosfaattekorte.


P8 is dus perfek vir boere wat ‘n sterker hupstoot wil gee aan hul somervoedingstrategie.

Westbury Fosfaatblokke – Prakties, Doeltreffend en Gebalanseerd

Benewens die P6 en P8, bied Westbury ook ander blokke wat maklik in die veld gebruik kan word – ideaal vir ekstensiewe stelsels en vir produsente wat gerief soek.


· Westbury Herkouer Fosfaat Blok/Lek: Ontwikkel vir alle soorte herkouers, ideaal vir gemengde troppe  wat  beeste, skape en bokke verteenwoordig .

· Westbury Skaap Fosfaat Blok/Lek: Spesifiek aangepas vir skape en bokke se fisiologiese behoeftes en kleiner inname per dag.

· Westbury Bees Fosfaatblok/Lek: Geformuleer om aan die hoër behoeftes van beeste te voldoen, veral in reproduksiefases.


Hierdie blokke is ontwerp om selfregulerende inname te bevorder, en word area-spesifiek geformuleer, dit is dus reed aangepas volgens tekortkominge wat in u gebied mag voorkom.


Kruipvoer – ‘n Somerstrategie vir Jong Kalwers

Omdat baie weidings nog nie heeltemal herstel na die winter nie kan jong kalwers, wat afhanklik is van hul moeders én beperkte beskikbare weiding, maklik agter raak in groeipotensiaal. Westbury Supplement Feeds stel daarom ook kruipvoeropsies beskikbaar – spesiaal geformuleerde voer wat beskikbaar gestel word aan kalwers.


Voordele van kruipvoer:

  • Vroeë ontwikkeling van die rumen.

  • Verbeterde speengewigte.

  • Vinniger aanpassing na speen.

  • Minder stres op die moederkoei.


Deur kruipvoer tydig in te stel, kan kalwers hul groeipotensiaal begin bereik lank voor die weiding weer op sy beste is. Dit beteken besparing omdat die tydperk wat die diere neem  om goeie gewig te bereik verkort, en gevolglik boere se produksie marge per jaar verbeter.


Samevatting: Voorsien Nou vir Later Resultate

Die draai van die seisoen na somer vra vir 'n proaktiewe voedingsstrategie. Fosfaataanvulling is nie ‘n luuksheid nie – dis ‘n noodsaaklikheid. En met Westbury se P6 en P8 fosfaatlekke, asook hul praktiese blok reeks en kruipvoeropsies, het produsente toegang tot wetenskaplik gesteunde, praktykbewese produkte wat regtig resultate lewer. Met Westbury Supplement Feeds ervaar boere kostedoeltreffendheid én produksieverbetering, wat direk inwerk op ’n hul bruto- en netto marge.


Kontak gerus een van Westbury Supplement Feeds se voedingskundigesof u naaste Laeveld Agrochem tak wat sal help om ‘n strategie saam te stel wat aangepas is vir jou streek, jou diere en jou produksiedoelwitte.  Kontak ons by 082 450 6196 of stuur 'n boodskap aan info@westburysa.co.za of besoek ons webwerf by www.westburysa.co.za


Voer slim. Voer vir sukses. Voer met Westbury Supplement Feeds.



Comments


Tanqua feeds logo
  • Instagram
  • Facebook
  • YouTube
bottom of page